John Foster Dulles

John Foster Dulles

John Foster Dulles (Washington, D.C. 25 Februarie 1888 - 24 Mei 1959, aldaar) was 'n Amerikaanse staatsman en die minister van buitelandse sake van die Verenigde State van 1953 tot 1959 onder president Dwight D. Eisenhower.

Hy was die seun van 'n Presbiteriaanse predikant. Sy oupa, John Watson Foster, was 'n diplomaat wat betrokke was by die totstandkoming van die Shimonoseki-verdrag wat die Eerste Sino-Japanse oorlog beëindig het. Sy vader se Christelike beginsels en sy oupa se diplomatieke ambisies het 'n belangrike rol gespeel in sy opvoeding en loopbaan. Dit word getoon in sy bydrae tot die vredesverdrag in San Francisco, die vredesverdrag met Japan gebaseer op gelyke regte van oorwinnaars en oorwindes; hy het nie in wraak geglo nie.


© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search